Welkom by Kleuterzone fichardtpark
Mariza Dippenaar
Hoof
Brief uit die Hoof se pen:
Ek is Mariza Dippenaar, hoof en eienaar van Kleuterzone Fichardtpark.
Ek is gebore in die stad van rose, en het groot geword op ń plaas in Bainsvlei.
Ek het in 2018 gematrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein. Ek het na skool by die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer, en het in 2022 my graad verwerf.
Kinders is nog altyd my passie en hierdeur kry ek die geleentheid om my liefde vir kinders en die besigheidswêreld uit te leef.
Om ń glimlaggie op ń kind se gesig te sien, of net te lag vir die goedjies wat hul sê of doen, maak my dag.
“To kindness and love, the things we need most!” – Grinch
Visie
Om die Here te dien in als wat ons doen.
Om ń veilige en liefdevolle omgewing te bied aan ons kinders sodat hul kan kreatief wees, leer en speel.
ñ Geleentheid skep waar kinders hul persoonlikheid kan ontdek en ontwikkel en trots op hulself kan wees!
Eienskappe
Naby verskeie Laerskole.
Ruim speelarea en groen gras
Boorgat water
Veilige omgewing
CCTV kameras
Elektrifiseerde heining
Oop gedurende skool vakansies
Naby Rosepark hospitaal
Personeel is in Noodhulp opgelei.